portfolio

Juan-Pierre & Nicolene

Die Els ontmoeting... Ons het mekaar baie gesien deur gemeenskaplike vriende. Nooit veel gepraat nie. Tot die eerste dans! Toe verander alles. Dit was die lekkerste dans ooit en so het ons begin gesels. Al meer en meer en besef ons albei het 'n hongerte vir die Here. Hoe meer ons van mekaar gesien het hoe meer het ons geeste honger geword vir mekaar se gees en die Here se nabyheid het ons elke keer beleef as ons saam is. Kerk to gegaan. Als saam gedoen in die naam van Jesus 'n gevoel wat mens nie kan beskryf as jy dit nie self beleef nie dit was so lekekr en ons wou meer en meer. Ons het geweet ons is bedoel vir mekaar. Ons het gevoel hoe ons liefde groei vir mekaar. En die Here het ons bymekaar gebring op 'n snaakse en onverwagse manier. Met die Here se liefde wat ons ervaar het was dit so maklik om te wees waar ons nou is. Juan-Pierre + Nicolene